Sunday, 19 May 2013

May blush and June lips

The Space Between.

fokus op iets anders as 'n belangrike gebeurtenis.Iets kleins en wat ek as ordinêr beskou en deel van my alledaagse lewe is kan baie van my vertel.



Meeste aande sit ek en my ma in my kamer en terwyl sy my hare kam kry ons kaans om te gesels. Dit is vir my simbolies van my en my ma se moeder-dogter-band.

Dit is my en my ma se kaans om die wêreld en chaos af te skakel en alleen te wees. Lewe is besig en mens moet tyd maak om die klein dinge te waardeer.

Claire of   "Letters To Juliet":
" One of the great joys in life is having one's hair brushed."


Waterverf: om die kleurvolle en vloeiende effek te kry wat ek in my kop uit gebeeld het.
Potlood: om die fyn detail van me gesig en al die kleinste merke uit te beeld.















 Eindproduk.
Ontleeding en simboliek :


Hare: My hele familie is baie heilig oor my lang "goue" blonde hare. ek mag dit nie te kort knip nie en 'n druppelkie kleursel mag naby aan my kom kom nie.
Om klem daar op te lê dat hare net 'n aardse ding is en nie so belangrik is nie het ek dit in onnatuurlike en koue kleure geverf. Die hare het 'n karakter van sy eie geword. 'n lewendige kreatuur.

Agtergrond: Die agtergrond is nie 'n realistiese plek nie omdat ons ontsnap van die werklike wêreld.
Dit is 'n warm kleur ontploffing om die besige roetiene en stress wat oorneem uit te beeld. Dit vorm 'n kontras met die hare en maak al die kleure soveel meer uitstaan.

Die hand: Die hand stel my ma voor sy is teen woordig maar ook half nie beskikbaar nie. Dit simboliseer hoe sy altyd daar is vir my al is sy nie werklik by my sy nie.Dit wys ook hoe ons besige omstandighede ons van mekaar weg druif.

Liggaam: Die menslike liggaam is in potlood om te wys dat ons afwesig is van die besige lewe om ons.Dit voel ook so assof die agter grond oor ons kan loop enons sal laat verdwyn in die agtergrond .




 Selfpotret in potlood: 
                                      Pencil sketch the scene.


Insperasie vir kwartaal 1 se projek.


My eerste probeerslag met waterverf en ek is "hooked".